Rejoignez-nous pour un voyage dans le monde des livres!
Ajouter ce livre à l'électronique
Grey
Ecrivez un nouveau commentaire Default profile 50px
Grey
Abonnez-vous pour lire le livre complet ou lisez les premières pages gratuitement!
All characters reduced
Aikôna Moses! - Mag ek van die Bybel verskil oor vroue gays en 'n hele rits ander goed? - cover

Aikôna Moses! - Mag ek van die Bybel verskil oor vroue gays en 'n hele rits ander goed?

Philip Liebenberg

Maison d'édition: Publishdrive

  • 0
  • 0
  • 0

Synopsis

Te danke aan die wetenskap weet die moderne mens baie meer as wat Moses en Paulus geweet het. Daarom verskil die hedendaagse perspektief op vroue se rol in die huwelik, die kerk en die samelewing van die perspektief wat die bybelskrywers gehad het. Vroue mag vandag preek, Paulus het dit verbied.
 
Eweneens het Paulus die hertrou van geskeides belet, terwyl daar vandag selfs predikante is wat geskei is en in tweede huwelike verkeer.
 
Van homoseksualiteit het die bybeltyd se mense weinig geweet. Paulus het gedink dat die begeerte na 'n mens se eie geslag nie in die natuur voorkom nie en deur demone veroorsaak word wanneer mense hulle teen God verhard. Hy het nie besef dat gay drange onder gelowiges sowel as ongelowiges kan voorkom en dat dit aan doodgewoon natuurlike oorsake toe te skrywe is nie. 
Disponible depuis: 28/01/2019.

D'autres livres qui pourraient vous intéresser

  • Leef in Kontak - cover

    Leef in Kontak

    Dr Francois Carr

    • 0
    • 0
    • 0
    14.0pt;font-family:"Times New Roman",serif;mso-ansi-language:AF">Geroep vir Godse Doel 12.0pt;font-family:"Times New Roman",serif;mso-ansi-language:AF">Dit is 30 - 33n.C.; Jesus roep jou naam . . .12.0pt;font-family:"Times New Roman",serif;mso-ansi-language:AF"> 12.0pt;font-family:"Times New Roman",serif;mso-ansi-language:AF">“Kom agter Myaan, en Ek sal julle vissers van mense maak.” (Matteus 4:19)12.0pt;font-family:"Times New Roman",serif;mso-ansi-language:AF">“Gaan dan heenen maak dissipels van al die nasies.” (Matteus 28:19)12.0pt;font-family:"Times New Roman",serif;mso-ansi-language:AF"> 12.0pt;font-family:"Times New Roman",serif;mso-ansi-language:AF">Hoe sal ditvoel om aan die voete van Jesus te sit, te luister, te kyk en meer te leer vansy lewe, verhoudings, bediening en koninkryk? Wat sou gebeur as ons Hom souvolg waarheen Hy ons ook al sou lei en ons opdrag sou gee om te gaan?12.0pt;font-family:"Times New Roman",serif;mso-ansi-language:AF">God het gewonemense – skrynwerkers, vissermanne, diensknegte, sakelui, herders, dokters, ma’sen pa’s – gebruik om sy werk te doen. Gewone mense. Tóg sien God die potensiaalin hulle raak om sy doelwitte te verwesenlik.12.0pt;font-family:"Times New Roman",serif;mso-ansi-language:AF">In Leef inkontak ondersoek ons noukeurig wat dit beteken om by Jesus te wees en Hom tevolg, terwyl ons onderwerpe verken soos      "Times New Roman";mso-ansi-language:AF">Om by Hom te     wees                                     "Times New Roman";mso-ansi-language:AF">Om Hom te hoor praat                                          "Times New Roman";mso-ansi-language:AF">Om sy oogmerke te verstaan                       "Times New Roman";mso-ansi-language:AF">Om sy bemagtiging te ontvang  <span lang=
    Voir livre
  • In Christus - Van toeskouer tot spoortrapper - cover

    In Christus - Van toeskouer tot...

    Callie Roos

    • 0
    • 0
    • 0
    "God is nie een of ander control freak nie … Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem."
    Wat beteken dit om vandag 'n Christen to wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier and oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur 'n lewe in Christus da tons werklik God se krag in ons kan beleef.
    Volgens Callie beleef die kerk vandag 'n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en 'n behoefte aan beheer. Christene moet onstnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken.
    'n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik 'n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo 'n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp.
    In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.
    Voir livre
  • Van Skoolbank tot bordeelbed - Gebasseer op 'n ware verhaal van geloof en oorwinning - cover

    Van Skoolbank tot bordeelbed -...

    Jaco Hough-Coetzee

    • 0
    • 0
    • 0
    As 16-jarigevlug Engela na Bloemfontein, want die leier van die Sataniese Groep 13 wil haar doodmaak. Haar paaie kruis met dié van Pieter, vriend van haar broer, wat haar aan bordeel-eienaar uitlewer as betaling vir die geld wat hy hom skuld.
    Na haglike en armoedige kinderlewe raak Engela as rebelse tiener deurmekaar met Satanisme, drank en dwelms en word uiteindelik as seksslaaf aangehou. Haar enigste begeerte is om te ontsnap, maar hoe? Elke aand word die klub se deure dig gesluit. Haar laaste kans op vryheid is die jong student, Jacques, wat in die ontvangslokaal van die klub werk. Maar dan verdwyn hy ook uit die prentjie na raaiselagtige ongeluk in die Drakensberge.
    Van Skoolbank tot Bordeelbed is spanningsroman deur Jaco Hough-Coetzee, gebaseer op die aangrypende lewensverhaal van Elanie Kruger.
    In die tweede gedeelte van die boek gesels Elanie self met die leser oor haar bittere ervarings. Sy vertel hoe sy haar gevoelens van verlorendheid, alleenheid, pyn en vernedering vanuit Christelike perspektief leer hanteer het. Sy reik uit na ander gewese seksslagoffers en moedig hulle aan om hul harte uit te stort om emosionele genesing mee te bring. Sy praat oor die krag van vergifnis en aanvaarding, en gee ook lewensbelangrike praktiese wenke aan ouers en kinders.
    Voir livre
  • Seun van die verderf - Die ontbloot van die Antichris - cover

    Seun van die verderf - Die...

    Andrew J. Lamont-Turner

    • 0
    • 0
    • 0
    Stap in 'n wêreld waar antieke profesieë bots met moderne realiteite in "Seun van die verderf." Delf diep in die geheimenisse van die eindtyd terwyl jy gelei word deur die onstuimige gebeure wat in die Bybel geprofeteer word. Van die opkoms van die Antichris tot die finale slag van Armageddon, bied hierdie boek 'n boeiende verkenning van eskatologie wat jou op die punt van jou stoel sal laat. Berei voor om uitgedaag, verlig en geïnspireer te word terwyl jy deur die bladsye van "Seun van die verderf" reis en die diepgaande waarhede wat in die Skrif versteek is, ontbloot.
    Voir livre
  • Studiegids: 1 Korintiërs Deel I - Vers-vir-vers-studie van die Bybelboek van 1 Korintiërs Hoofstukke 1 tot 8 - cover

    Studiegids: 1 Korintiërs Deel I...

    Andrew J. Lamont-Turner

    • 0
    • 0
    • 0
    Stap in 'n wêreld van antieke uitdagings, tydlose waarhede en transformerende wysheid. Reis deur die dieptes van Paulus se opregte briewe aan die Korintiërs in "Onthulling van die Wysheid van 1 Korintiërs en ontdek 'n bron van leiding vir jou eie lewe. Sluit aan by 'n lewendige gemeenskap wat worstel met verdeeldheid, morele dilemmas en die strewe na wysheid. Soos jy elke bladsy omblaai, sal jy Paul se kragtige woorde teëkom wat tyd te bowe gaan en direk spreek tot die kompleksiteite van jou moderne wêreld. Ontbloot die geheime van ware wysheid en die transformerende krag van liefde. Verken die dinamika van leierskap, verhoudings en die diepgaande roeping om as lede van die liggaam van Christus te lewe. Duik in die dieptes van vryheid, heiligheid en die bemagtigende teenwoordigheid van die Heilige Gees. Berei voor om uitgedaag, geïnspireer en toegerus te word om die lewe se uitdagings met selfvertroue en grasie te navigeer. Ontdek hoe die onveranderlike waarhede van God se Woord jou perspektief kan vorm, jou verhoudings kan transformeer en hoop kan bring na 'n seer wêreld. Is jy gereed om 'n reis aan te pak wat jou geloof sal aanvuur, jou begrip sal verdiep en jou lewe sal bemagtig? Maak gereed om die wysheid van 1 Korintiërs te onthul en die transformerende krag van God se Woord binne jou eie storie te ontsluit.
    Voir livre
  • Die Ewige Plan - Geopenbaar! - cover

    Die Ewige Plan - Geopenbaar!

    Colin Jones And Owen Jones

    • 0
    • 0
    • 0
    'Die Ewige Plan - Geopenbaar' is 'n versameling artikels wat deur sy Geesgidse aan die man genaamd die Happy Medium, Colin Jones, gedikteer is. Hy het hulle deur middel van outomatiese skrif opgeneem.PUBLISHER: TEKTIME
    Voir livre