Begleiten Sie uns auf eine literarische Weltreise!
Buch zum Bücherregal hinzufügen
Grey
Einen neuen Kommentar schreiben Default profile 50px
Grey
Jetzt das ganze Buch im Abo oder die ersten Seiten gratis lesen!
All characters reduced
Alleen Onder Die Maan - cover

Alleen Onder Die Maan

Wllem Krog

Verlag: Jonathan Ball

  • 0
  • 2
  • 0

Beschreibung

Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met 'n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur 'n rekenaar behartig.
In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, 'n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om 'n goeie burger te wees.
Alleen Onder die Maan vertel die verhaal van Jaco, 'n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.
Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op 'n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op 'n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.
In 'n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep.
Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in 'n ewe totalitêre wêreld nie.
Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
Verfügbar seit: 04.03.2020.
Drucklänge: 224 Seiten.

Weitere Bücher, die Sie mögen werden

  • Knak die Aanwensel - cover

    Knak die Aanwensel

    Ronel Janse van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Een onstreflike. 'n Ewigheid van verveeldheid. 
      
    Odin het op 'n tyd dinge nogal goed gehad: hele nasies het hom aanbid, 'n dag van die week na hom vernoem, geglo dat hy wys is. 
      
    Deesdae respekeer die troeteldiere van ander onsterflikes hom nie eens nie. 
      
    Hy is moeg. 
      
    En daar is net een plek om heen te gaan wanneer jy minder môres het om na uit te sien: 'n outehuis in Midgard. 
      
    Gebruik die skuifbalk boontoe om by Odin aan te sluit waar hy nuwe lewe en avontuur in aftreding ontdek. 
      
    *Hierdie is die eerste boek in die Onmoontlike Onsterflikes reeks.
    Zum Buch
  • Die Nie Toegelaat - Die Humoristiese Verhaal Van 'N Kontemporêre Vampier Familie - cover

    Die Nie Toegelaat - Die...

    Owen Jones

    • 0
    • 0
    • 0
    Heng Lee begin ewe skielik baie vreemd voel, so hy bel in om die plaaslike Sjamaan, wat toevallig sy tante is, te sien. Sy doen 'n paar toetse en besluit dat Heng geen bloed het nie, maar hoe gaan hy sy familie vertel, en wat gaan hulle daaraan doen?PUBLISHER: TEKTIME
    Zum Buch
  • Vlamme in die Kalahari - cover

    Vlamme in die Kalahari

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    VLAMME IN DIE KALAHARI - RYK SCHOONRAAD REEKS
     
    Helm du Plessis, ’n vooraanstaande grensboer van die Noordwestelike Provinsie, is met honderde osse op pad na die Kimberley se mark. Hy word egter koelbloedig vermoor deur blanke veediewe. Sy dogter Ansie en Ryk Schoonraad agtervolg hulle met die doel om wraak te neem. Die twee ondergaan verskriklike folteringe toe die boewe daarin slaag om hulle op ’n paar geleenthede in die hande te kry...
     
     
    Zum Buch
  • Die Eiland van Dr Moreau - The Island of Dr Moreau Afrikaans edition - cover

    Die Eiland van Dr Moreau - The...

    H. G. Wells

    • 0
    • 0
    • 0
    'N skipbreukeling man wat gestrand is op 'n Stille Oseaan eiland, konfronteer donker geheime, vreemde wesens en 'n rede om vir sy lewe te hardloop.
    Die eiland Doctor Moreau, vra die leser om die grense van natuurwetenskap en die onderskeid tussen mans en diere te oorweeg. 'N vreemde mengsel van wetenskap fiksie, romanse en filosofiese meandering, dit is een van die standaarde van die vroeë wetenskap fiksie.
    Zum Buch
  • 'n Gotiese Kers Engel (Afrikaanse Taal - Afrikaans Language Edition) - Kinders van die Gevalla Novella - cover

    'n Gotiese Kers Engel...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 0
    • 0
    Wenner van die “eFestival of Words Best of the Independent eBook Awards - Best Novella of 2014”.
    
    Die Spoke van Ou Ellendes is nooit ver agter nie...
    
    Op Ou Kersaand mik Cassie Barug haar motor op ‘n ou beuk boom af, met die hoop dat haar pyn beëindig sal word nadat haar kêrel haar afgesê het. Maar toe 'n pragtige swart vlerk engel verskyn en vir haar sê: "Hierdie is geen vervlakste paranormale romanse nie skattebol," besef sy die dood het nie haar probleme opgelos nie. Kan Jeremiël haar help om die spoke van haar verlede te besweer en afsluiting te vind?
    
    Hierdie moderne paranormale uitkyk op die mite van beskermingsengele kombineer “A Christmas Carol” met “It’s A Wonderful Life” om mense hoop te gee dat die verlede verwerk en oorwin kan word.
    
    "Baie min boeke dryf my tot trane, maar hierdie een het dit gedoen in ‘n skitterende manier. Die boodskap word vertel met humor en grasie. Wonderlik! "- Leser Resensie
    
    "Sy het my laat omgee. En sy het my laat huil. En ek is opreg dankbaar vir die einde. "- Leser Resensie
    
    "‘n Boek wat my aangeraak het soos geen ander boek van te vore!" - Leser Resensie
    
    "Weereens toor Anna woorde in goud in. Die Gotiese draai om hierdie moderne Kerslied is merkwaardig ..." - Leser Resensie
    
    "As ek kon, sou ek hierdie storie 'n oneindige hoeveelheid sterre gee! Hierdie boek / storie het my koue rillings gegee." - Leser Resensie
    Zum Buch
  • Die Kalifaat: ‘n Post-Apokaliptiese Spannings Verhaal - (Afrikaans Edition) (Afrikaanse uitgawe) - cover

    Die Kalifaat: ‘n...

    Anna Erishkigal

    • 0
    • 2
    • 0
    Eisa McCarthy woon in Kalifaatstad onder die beheer van die radikale Islamitiese groep, die Ghuraba. Sewe jaar gelede het Generaal Mohammad bin-Rasulullah die Verenigde State in 'n meedoënlose verraad verslaan en hulle wêreldwye Kalifaat opgerig in die ruïnes van Washington, DC. Die hoogste heilige leier van Ghuraba, die Abu al-Ghuraba, beweer dat Eisa se vader hom beheer oor die VSA se kernarsenaal gegee het, 'n eis versterk deur die smeulende as van baie stede. Maar nadat haar Siries-gebore moeder van geloofsversaking beskuldig is, verneem sy dat haar pa nie die 'martelaar' is wat die Ghuraba beweer nie.
    .
    Besit die Ghuraba regtig die bekendstellingskodes vir die ICBM missiele? Of het haar pa hulle 'uitgesluit' omdat Kolonel Everhart, die rebel bevelvoerder, wil hê dat sy die wêreld moet vertel? As sy baklei, sal die Ghuraba haar kleinsus doodmaak, maar as sy dit nie doen nie, sal die Ghuraba uiteindelik in-hack en hulle almal bom. Al wat Eisa het, is 'n string Moslem gebedskrale en 'n pre-Islamitiese mite wat haar pa haar vertel het die aand toe hy verdwyn het.
    .
    Die lot van die wêreld, en die lewe van haar kleinsus, hang in die weegskaal soos Eisa werk deur die antieke mite, haar Moslem geloof, en wat regtig gebeur het die nag toe die Ghuraba beheer verkry het.
    .
    "Die parallelle wat die skrywer trek tussen die huidige landskap in Sirië en Irak en 'n toekomstige Verenigde State is ontstellend, omdat hulle die huidige gruweldade met onverstrokke akkuraatheid uitbeeld ..." —Dale Amidei, 'Jon's Trilogy'
    .
    "As [Eisa] sweer dat sy 'n weduwee van haar suster sal maak, kan jy haar angs en haar vasberadenheid om nie meer hulpeloos te wees nie aanvoel... Om die boek te lees het my bly gemaak dat dit net 'n roman was ... toe tref dit my ... honderde vroue leef elke dag deur sulke tye…"—Candy Laine, 'The Pune Diaries'
    .
    "Pragtig geskryf, denkprikkelend en skrikwekkend vir die huidige politieke klimaat van vandag. Hierdie boek gee lesers 'n ware voorsmakie van hoe die lewe sou wees as ISIS ooit aan bewind sou kom ... Beveel sterk aan ..." —Lesersverslag
    .
    "Hierdie verhaal is intens, uiters interessant en is 'n bladsy-draaier. Die werklikheid van sy diepte laat die leser taamlik geskud voel, en besef dat hierdie veldslae in sommige lande van vandag aan die gang is ..." – Lesersverslag
    .
    "Hierdie obsederende siening van 'n moontlike toekoms het my aandag van begin tot einde vasgevang ..." – Lesersverslag
    .
    Afrikaanse taal, Afrikaans edition, Afrikaans language
    .
    Sleutelwoorde: thriller, spanning, sielkundige, militêre, oorlog, politiese, aksie, vroue-avontuur, somber, post apokaliptiese, sniper, terrorisme, terrorism, muslim terrorism, moslemterrorisme, suspense, psychological, military, war, political, action, adventure, action and adventure, dystopian, post-apocalyptic, nuclear holocaust, muslim invasion, afrikaans, afrikaanse, afrikaanse taal, afrikaanse uitgawe
    Zum Buch