Unisciti a noi in un viaggio nel mondo dei libri!
Aggiungi questo libro allo scaffale
Grey
Scrivi un nuovo commento Default profile 50px
Grey
Iscriviti per leggere l'intero libro o leggi le prime pagine gratuitamente!
All characters reduced
Asiatiese Kortverhale - Kortverhale Met Of Rondom Asiatiese Mense Of Plekke - cover

Asiatiese Kortverhale - Kortverhale Met Of Rondom Asiatiese Mense Of Plekke

Owen Jones, Jennifer J. Chow, Trevor Aindow

Casa editrice: Tektime

  • 0
  • 1
  • 0

Sinossi

Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs

Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond.

Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel.
Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval.
Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam. 
Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm.
Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou.
Laastens, my dank gaan uit aan al die outeurs wat hierdie boek moontlik gemaak het, ons hoop jy geniet dit en gee elke skrywer jou terugvoer oor hulle stories of skryf aan my by die publiseerder oor die boek as geheel.
PUBLISHER: TEKTIME
Disponibile da: 06/06/2024.
Lunghezza di stampa: 199 pagine.

Altri libri che potrebbero interessarti

  • Die Hasie Met Die Lang Ore - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Die Hasie Met Die Lang Ore -...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    'n Baie oulike storie vir jong kinders 
    Kasper, 'n hasie met baie lang ore, word gereeld gespot deur sy maatjies in die woud omdat hy anders lyk. Alhoewel dit hom aanvanklik hartseer maak, leer Kasper om sy unieke eienskap te waardeer. Sy lang ore help hom om goed te hoor en selfs om oor die rivier te kom deur van boomtak tot boomtak te spring. 
    Wanneer die ander diere sukkel om by kos aan die ander kant van die rivier uit te kom, gebruik Kasper sy slim idee om 'n brug te bou met behulp van varingplante. Met die hulp van al die diere bou hulle die brug, wat hulle die hele jaar toegang gee tot kos. Kasper se slim plan red die diere van hongerte, en uiteindelik besef die ander diere dat sy lang ore eintlik 'n waardevolle geskenk is. Hulle vra om verskoning vir hul gedrag, en Kasper vergewe hulle, net te bly hy kon gehelp het.
    Mostra libro
  • Betowerde woud - die konfraternisering - cover

    Betowerde woud - die...

    LS Morgan

    • 0
    • 0
    • 0
    Kortverhaal vir kinders en jongmense, oor vriendskap en kameraadskap. Twee broers durf hul groot tannie se plaas aan en wat hierdie kinders sal ervaar, is die gevoel om in `n betowerde woud te wees, `n dag van avontuur, towerkrag, lekker lag en pret te hê.
    Mostra libro
  • Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder Luisterstories - cover

    Die Tandmuis - Afrikaanse Kinder...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die tandmuis" is 'n oulike storie oor 'n tandmuis wat op 'n plaas woon en elke jaar 'n briefie aan die dorp se kinders stuur om hulle aan te moedig om mooi na hulle tandjies te kyk. Hy beloon hulle met 'n geldjie vir elke spierwit tandjie. Baie van die muise op die plaas moet hul huisies van modder en riete bou omdat die tandmuis net 'n paar tandehuisies per jaar kan bou. Elke jaar word baie muisies se riethuisies deur die harde winterreën vernietig. Rosie, 'n plaasmuis, is tiende op die lys om 'n tandehuisie te kry en het 'n slim plan beraam om die tandmuis te help om tande vinniger bymekaar te maak sodat almal voor die winter pragtige en warm tandehuisies kan hê.
    Mostra libro
  • Hein en Lisa Die Bederfde Kleine Brokkies - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Hein en Lisa Die Bederfde Kleine...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    Hein en Lisa, die bederfde kleine brokkies gaan oor ‘n boetie en sussie, wat in 'n groot woud woon en nooit tevrede is met al die speelgoed wat hul ouers vir hulle koop nie. Hulle ouers werk hard om elke dag net nuwe speelgoed vir hulle te koop, maar die kinders bly ontevrede. Na 'n storm wat hul huis verwoes en hulle speelgoed beskadig, verdwaal Hein en Lisa in die woud. Hulle ontmoet 'n vriendelike beertjie, Bennie, wat hulle wys dat geluk nie in speelgoed lê nie, maar in die tyd wat saam met geliefdes spandeer word. Uiteindelik besef Hein en Lisa die ware waarde van gesinstyd en belowe om nooit weer vir nuwe speelgoed te vra nie, maar om eerder kosbare oomblikke saam met hul ouers te geniet.
    Mostra libro
  • Die Nuuskierige Varkie - Afrikaanse Kinder Luisterstories met Prente Boek as Bonus - cover

    Die Nuuskierige Varkie -...

    Rodeen Visser-Ludick

    • 0
    • 0
    • 0
    "Die nuuskierige varkie" gaan oor 'n varkie wat in 'n hok woon saam met sy familie. Hy raak moeg om net te eet en wil sien wat buite die hok is. Hy probeer verskeie kere om te ontsnap, maar misluk elke keer. Eendag kyk hy hoe die boer die hek oopmaak en so gebruik hy 'n krat om uiteindelik uit die hok te kom. 
    Buite ontmoet hy 'n oulike eendjie en ander plaasdiere by 'n dam. Hy maak vriende en speel te lekker saam met hulle. Die boer sien dit en besluit om die hok elke dag oop te laat sodat al die varkies kan gaan speel. Die storie wys hoe nuuskierigheid en deursettingsvermoë die varkie gehelp het om nuwe dinge te ontdek en so sy lewe te verbeter het.
    Mostra libro
  • Die Verslete Mantel - 'n Kaapse seerower avontuur Boek 20 - cover

    Die Verslete Mantel - 'n Kaapse...

    Gerrie Radlof

    • 0
    • 0
    • 0
    ’n Koning se losprys in verlore skatte.
     
    ’n Bloedbevlekte kaart.
     
    En ’n gewetenlose seerower wat vir niks sal stop om albei op te eis nie.
     
    Ontdek die Goue Era van Seerowery (1690-1720), waar die verraderlike waters van die Kaap die Goeie Hoop slegs die aanvang is van ’n wêreldomvattende avontuur.
     
    Aan die gevaarlike kusstrook van suidelike Afrika word die jong Margaret Hampden geteister deur haar pa se geheimsinnige dood, en die gerugte van ’n legendariese fortuin wat aan die see toevertrou is. Haar enigste hoop is Kaptein Oloff van Wagenaar, ’n man van adellike geboorte, gebind deur sy gevaarlike seerower verlede en vasgevang tussen eer en verraad.
     
    Gevaar agtervolg elke beweging wat hulle maak. Javert, ’n gevreesde seerower kaptein, wie se naam skrik oor die oop see saai, jaag dieselfde prys na. Soos Oloff en Margaret ’n spoor van raaisels, gevaarlike waters en kriptiese geheime volg, word hulle in ’n dodelike resies gedwing waar een misstap ’n koue watergraf kan beteken.
     
    Om die skat op te eis en haar pa se dood te wreek, moet Oloff die finale raaisel van die bloed geskrewe kaart oplos. Soos die oseaan egter krioel van verraad, troueloosheid en verborge waarhede, ontdek hy dat die grootste gevaar nie die fortuin self is nie... maar die donker geheim wat dit vir ewig moes beskerm.
     
    Hierdie onvergeetlike verhaal, propvol swaardgeveg aksie, seerower gevegte, see avontuur en hartkloppende misterie, is volmaak vir aanhangers van Treasure Island, see rillers en epiese historiese avonture.
     
    Begin nou lees aan die twintigste reis van Kaptein Oloff, waar 'n legende, gevaar en 'n bestemming bots.
    Mostra libro